As jy kruip
soos 'n krap en jy giggel jou slap --
rooi hakskene!
As jy sweef deur die laan en jy voel soos 'n haan
in jou gene . . .
Tippie-tei, tippie-tippie-tei, tippie-tippie-tei, jy's so
vry
Nota bene!
Hei-o-jooi, tippie-tippie-tooi, tippie-tippie-tooi, jy's
so rooi
aan jou skene!
As die maan in die nag soos 'n perd vir jou lag --
rooi hakskene!
As jy "trim" aan jou snor en jou maag vir jou
knor:
"Jy's verlief!"
As jy hop deur die dou soos 'n wyfie-makou
met bak bene,
dan't jy die skoot hoog deur, skoot hoog deur, skoot hoog
deur
-- rooi hakskene!
(Herhaal
van voor af)
|