Mieliestronk se Lekker Ou Saamsing-werf
Hou my vas aan my jas

Klik telkens op die "Refresh"-ikoon in die gewel
as jy weer die musiek wil hoor ..
.


Hou my vas aan my jas as my voete begin jeuk,
O, hou my vas!
Hou my vas aan my jas as my voete begin jeuk,

O, hou my vas!
Hou my vas aan my jas as die wind my koggel,
As die reën my tart en as die donderweer roggel.
Hou my, hou my of ek lag my 'n boggel.
O, hou my vas!

Refrein: Wha-wha-wha-wha-wha ... ens.
Wha-wha-wha-wha-wha ... ens.
O, hou my vas aan my jas as die wind my koggel,
As die reën my tart en as die donderweer roggel.
Hou my, hou my of ek lag my 'n boggel.
O, hou my vas!


Hou my vas aan my jas as ek deur die dorings beur,
O, hou my vas!
Hou my vas aan my jas al sou jy my kleure skeur,
O, hou my vas!
Hou my vas aan my jas as ek derwaarts kronkel,
As my voete seer is van 'n groot karbonkel.
Hou my, hou my tot die sterre vonkel.
O, hou my vas!

Hou my vas aan my jas as die vertes begin wink,
O, hou my vas!
Hou my vas aan my jas as die vertes begin wink,

O, hou my vas!
Hou my vas aan my jas as die wind my koggel,
As die reën my tart en as die donderweer roggel.
Hou my, hou my of ek lag my 'n boggel
O, hou my vas!

© Mieliestronk 2000
[email protected]

Orrelnote


Dugeot vir Afrikaans