Klawers

Mieliestronk se Lekker Ou Saamsing-werf

Jannie, Jan van Riebeeck

 

Klik telkens op die "Refresh"-ikoon in die gewel
as jy weer die musiek wil hoor ..
.


Hy was 'n skeepsdokter daar op die see,
wat matrose purgasies moes gee,
maar Jannie word toe 'n kommandeur
om aan die Kaap te gaa-aan regeer.
Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .


Hy vat toe drie skepies na ou Afrika --
doer in de Goede Hoop-Peninsula --
hy en Maria de la Quel-lêrie.
In die waai van die baai wag sy pêl ou Hêrrie.

Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .


O, hy was pas daar of hy bou 'n fort,
maar die reën se water het daar ingestort
en al sy manne die word toe krank --
oom Jannie moet kophou teen wil en dank.
Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .


Oom Jannie skryf in sy dagverhaal:
"Ach, de Strandlopers stelen me rot en kaal!"
Maar Jannie het nie in die Kaap gesterf --
Want Wagenaar het sy plek geërf.
Jannie, Jan van Riebeeck
sit op sy duim en droom . . .


Terug na begin van Saamsing-werf

© Mieliestronk 2003
[email protected]

Orrelklawers

Mieliestronk.com vir 'n menigte Afrikaanse webbladsye